Ek geniet beplanning en doelwitte en lysies. Geïnspireer deur Mariaan van Mstudio, en Lizl van Big Picture Living, het ek egter besluit om behalwe vir my grootmens-doelwitte en afsprake wat so sorgvuldig via meeting requests in my kalender ingesluit is, ook meer van die volgende in te skeduleer:

  • Koffie stappies in Delta Park met vriendinne
  • Ek wil my ‘Paris by the Book’ boek klaar lees
  • En sommer net meer lees omdat dit lekker is
  • Tee uit my porseleinkoppies wat ek oor die jare versamel het
  • ‘n Koek bak en dit lieflik versier
  • Teepartytjies met einste teekoppie versameling
  • Fliek uitstappies met genoeg springmielies
  • ‘n Volle dag net vir myself
  • ‘n Volle dag sonder sosiale media
  • Meer tyd om ander te dien
  • Tyd om te skryf – op my rekenaar sowel as in my joernaal
  • Meer tyd met kerslig en feëtjieliggies

Nie van van more af nie, nie van Maandag af nie, nie van volgende maand af nie.

Van vandag af, want…

‘…dis vandag eendag…mens moet iewers begin.’

– Nataniël, Kaalkop

Ek skink vir ons tee?

Liefde en vrede

Christi